Skip to content

Is die een bladuitlegprogram werklik meer effektief as die ander een?-Leoné Prinsloo (22086706)

March 14, 2012

Daar is ‘n tans ‘n baie groot verskeidenheid van sagteware vir die bladuitlegdoeleindes van korporatiewe joernalistiek op die mark beskikbaar soos onder andere Microsoft Publisher, Page Plus Starter Edition, Scribus, Adobe PageMaker, Adobe InDesign, Quark Xpress, Adobe FrameMaker en Corel Ventura. Kommersiële DTP-programme soos die laasgenoemde vyf is baie duur. Diegene met meer gesofistikeerde behoeftes as wat Microsoft Publisher hulle kan bied, sal waarskynlik bereid moet wees om ‘n paar rand meer vir professionele programme soos Adobe InDesign, Quark Xpress, Adobe FrameMaker en Corel Ventura uit te haal. Vir diegene wat dit glad nie kan bekostig nie word daar tog ook voorsiening gemaak met die twee gratis programme naamlik Page Plus Starter Edition en Scribus waarvan laasgenoemde na bewering vir geeneen van die bogenoemde vyf programme se funksies hoef terug te staan nie.

PagePlus Starter Edition van Serif Software het ‘n gebrek aan heelwat funksies om relatief eenvoudige brosjures, pamflette, advertensies en nuusbriewe van kleiner besighede en liefdadigheidsorganisasies te kan druk. Die nuutste weergawe wat vanaf Junie 2010 reeds beskikbaar is, laat die gebruiker egter wel toe om na ander formate soos Adobe PDF te kan uitvoer en is ook met Windows 7 versoenbaar. Scribus is ‘n oopbron sagteware program wat oorspronklik vir Linux geskryf is, maar nou ook vir Mac OS X, OS2 en Windows geskik is. Dit is in staat om ‘n bladsy van ‘n professionele kwaliteit te kan uitvoer wat persgereed met insluitende funksies soos CMYK kleur, verdelings, ICC kleurbeheer en verskeie PDF-skeppinge.

Die sleutelaspekte wat ‘n bladuitlegprogram benodig is basiese Desktop Publlishing (DTP)-funksies, spesiale ontwerp effekte, ondersteuning vir boeke, meervoudige hoofstuk publikasies en lang tegniese dokumente, tabulêre materiaal en ondersteuning vir elektroniese verspreiding. Die vraag wat egter na aanleiding van die bogenoemde inligting gevra behoort te word is of daar werklik so ‘n noemenswaardige verskil in die funksies van hierdie vyf sogenaamde meer professionele programme bestaan wat die dikwelse groot prysverskil regverdig. Dit kan slegs beantwoord word deur dit aan die spesifieke behoeftes van die onderskeie gebruikers te meet. Vir algemene publikasies en grafika soos nuusbriewe, tydskrifte, brosjures, klein boekies, plakkate en pamflette word QuarkXPress, Adobe InDesign en Adobe PageMaker aanbeveel. Vir lang, meervoudige hoofstuk dokumente soos boeke, joernale, akademiese publikasies en handleidings word Corel Ventura, Adobe InDesign, Adobe FrameMaker en QuarkXPress aanbeveel. Vir publikasies met tabulêre materiaal daarin soos wetenskaplike publikasies, tegniese en statistiese publikasies asook data-intensiewe publikasies word Corel Ventura, AdobeFrameMaker, AdobeInDesign en QuarkXPress aanbeveel.

Vir meer inligting oor hierdie vyf hoogs aangeskrewe bladuitlegprogramme kan u gerus die volgende artikel gaan lees, http://quod.lib.umich.edu/cgi/t/text/text-idx?c=jep;view=text;rgn=main;idno=3336451.0008.107 Kom gesels saam oor jou ervaring rondom Adobe InDesign wat ons in KCOM371 vir bladuitleg gebruik en hoe dit met enige van die ander bogenoemde programme vergelyk waarmee jy moontlik al voorheen gewerk het.

Advertisements

From → Uncategorized

Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: